Opsomming van ‘n digter
Ons het ‘n gawe om die lewe te “belewe”,
ons is fyner ingestel op ons omgewing –
woord gesnaar in ons mening
met ‘n besonderse God’s-gawe gegewe.
Jou gemoed is soos ‘n tweeling,
die een is jy en die ander… die digter
wat voel en sien heel nugter
met woorde vir salwing en heeling.
Ons sien dieper en verder as normaal,
hoor die soet klanke werklik mooier
van die natuur met ‘n son-sak al rooier,
toor ons woorde van kuns met sy ou verhaal.
Wanneer die lewe ons pooitjie met seer,
word ons “voel” intens, ons “sien” verdiep…
dan bloei ons hart met woorde wat leer
met wysheid wat soos sterre verskiet.
Ons is die Psalm skrywers van ons era,
jou werklik kunstenaars met woord en sela.
4 Kommentare
-
-
Palet
Dit is baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek