gesind
jou houding verraai jou siel
geringste gesigsuitdrukkings
kan vertolk word as saam of teen
jou gesig is die tv skerm van jou gevoel
enkele mense het daardie dooie pokergesig
waarby niemand aansluiting kan vind of vertolk
selfs na eerste indrukke verkoop jou gesig jou
goedgesindheid kos vertroue in mense
deeglike gekontroleerde ontleding
van eie waardes teenoor
ander waardes
met uitslag
op jou gesig
want geen vals gesig
verkoop vertroue
in niemand nie
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.