Tyd is kosbaar (Brons)
Die uurwerk het ge-
kantel. Sy glas in duisend
stukke gespat en tyd
het vinnig uit-
gevloei
oor
die wêreld
se grof, ongelyke
tafelblad. Verkwis en ver-
lore, ons kosbare tyd
hier saam wat ge-
ruisloos en ewe stil tussen ons
kom lê. Met groot
oë staar ons stilswyend
na die uurwerk
se brose
binne kant.
© Taai Bonthuys, 2026
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir MAART 2026 – HERFS/KAS projek