Jongste aktiwiteit:

Vredesveer

die stormwind in jou het opgesteek
ons ou bome ontwortel
alles wat mooi was in my gebreek
die weerlig van jou woede het soos sweepslae geslaan
my vloedwaters het verwyte gebraak
na die storm was dit stil
ons was gestroop
het ver van mekaar gestaan
die wind het sag gewaai
‘n engel het gehuil
oor ons wat eens verkleef was aan mekaar
hy het ‘n vredesveer laat val
jy het jou rug gedraai
ek het die veer opgetel
gekoester teen my hart
jy het stuk-stuk uit my lewe gegly
ek het jou in vergiffenis begrawe
in die wintergraf van vergeet

© Evanthe 2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed