Jongste aktiwiteit:

Pakkasie

Eens het ek jou saamgedra
soos ‘n abbasiel
los van my hart
op die rugkant van my gees;
ek’t die pad na jou hart gesoek
vreemde spore in die stof
(vol littekens en letsels)
is al wat ek kon vind,
‘wyl jy soos ‘n skaduwee om my hang.

My enigste verlossing
(uit hierdie hel van ontkenning)
was b-e-s-i-n-n-i-n-g —
wat jou siel ontsê
want só sou jy jouself nooit ontsier;
om ‘n ander se ag vir jouself te neem
sal jou nog van jou eie self vervreem.

Dis dan beter om hier te groet
en my myself te verlig uit jou skaduwee.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed