Agter die kam van die verste duin
Gee my die oӫ van ‘n kind
om jou vlasbome te sien
bewaar my van onheil en smart
sodat ek rustig in my bootjie
kan vaar op ‘n see van drome
Die lug is rooi,
goud en silwer
jou hart loer sku
oor die rant van die maan
Met sonskyn blinkend op die sagte lower
dan smag ek na die velde, vêr en wyd
na die helder aande by die donker strome
waar die skalkse maanlig alles saggies tower
Eggo’s van gister
rommel deur die diepe klowe
die ritsel van blare
verbreek die stilte…
… en die tyd stap aan
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek