Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Bottelskim

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 3 Oktober 2021 Aantal woorde: 84 97 Kere gelees 7

Ek wil jou in ‘n bottel bêre
in die binnesee van my siel
sodat ek eendag weer kan onthou
hoe jy my hart laat klop het
toe lig deur my vingers wou glip
toe vryheid in my
om my
vlerkloos gefladder het
toe my spore soos wasemwolke
tussen sonverslaafdes verdwyn het

want sonder dat jy dit weet
herhaal jy jouself
in die kantellyne
van my kop
tussen wakker en slaap
wanneer ek spartel
tussen lewe en dood.

© Okt 2021 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 181
Kommentaar telling: 29

Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my  twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders sê ek altyd dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 371 gaste aanlyn

Bydraes – Argief