Kamer vol flenters
Kamer vol flenters
Deur: Ryno du Plessis
Die son het reeds gesak.
Donker wolke het gehang.
Stemme wat eens was, het die dood kom haal.
Iewers in die kamer vol flenters
het ons mekaar gevind.
’n Leeftyd het gevlieg; saam het ons gebou.
Geklou aan hoop,
aan mekaar geknoop.
Staande alle kere,bou ons nuwe deure.
Ons sit dit in ’n fotoraam, want saam kon ons nog altyd ’n plan beraam.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.