Vlug van die ballon
Vlug van die ballon
Deur: Ryno du Plessis
Helder rooi, teen witgrys wolke,
dans jy ritmies op die wind se golwe.
Koppe na jou gedraai—uit wie se hand kon jy wegwaai?
Het jy ontglip en ’n traan gelos, of staan iemand selfvoldaan?
’n Boodskap in ’n wentelbaan.
Tot waar sou jy weggaan, wonder ek. Vind jy iewers dalk ’n nuwe plek?
Kleiner word die rooi ballon, daar waar die wolke liggies saamdrom.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.