Afrikaner Kind
Ek sit en kyk
na waar hulle in die sand en modder speel.
In my hart ‘n hartseer maar verligte gevoel
dat niks hulle onskuld en kind wees so kan steel.
En ek sien klaar
in hulle speel en planne maak
hoe ons bloed deur ons are oordra
en hulle hele mens wees raak.
Ek hoor presies
hoe hulle oupa en ouma namaak
wat hul leer deur sien en nie in boeke
die deursettingsvermoe om nie ‘n plan te staak.
En as ek kyk
na die reg en verkeerd, kyk ek in ‘n spieel,
wat ons al jare en jare oordra veg voor,
Afrikaner kind tot in hul siel.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek