Die Kragboks
Die kragboks
Deur Ryno du Plessis
Ag, o wee, my kragboks skee.
Sit af, dit trek krag. ‘n Plan moet ek maak, sal iewers moet smeek.
Rooi lig flikker-laaste sekonde My hele bestaan gekoppel aan ‘n boksie.
Klaar gekruip, ‘n bietjie krag vir die dag- kom ons hoop vir die nag.
Ons lewensuur staan en gluur. Die tyd loop uit, tog stel ek uit.
In die donker sit ons in die lewe, sukkel om mekaar te vergewe. Bid vir ‘n beter lewe.
Kon ek maar net smeek vir genade soos vir krag op my meter- was die lewe soveel beter
D Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.