Wingerdstok Taal
Wingerdstok Taal.
Uit geskiedenis se wingerstok
Groei tradisies en my taal se loot.
Toe Van Riebeeck dit hier geland het
met sy skip, De Goede Hoop.
Van der Stel het ook ná hom gekom.
Nog lote is aangeplant.
En so, op ‘n sonkyn Kaapse dag
Kom Afrikaans tot stand.
Ryp wynrooi woorde
Drup in die parskuipe van my oor.
Ek graffeer dit op die Eike vate
Waarin ek die taal kan stoor.
Die Trekkers het dit saamgeneem,
Kaalvoet, oor die berge.
By die sandsteen koepel van die Monument,
kry my taal steeds vlerke.
In hierdie taal kan ek lag en sing en bid.
Ek kan leer en ‘n toekoms bou.
Gebore uit ‘n volk se trots,
Afrikaans, ek salueer jou!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek