Prentjies uit my Koffiebeker
Prentjies uit my Koffiebeker
Deur: Ryno du Plessis
Stilte skree, naggeluide gaan slaap.
Die son ontwaak. Môre groet die dag.
Stil by die tafel, besig om die dag te ontrafel.
Koffiebeker in die hand, begin gedagtes dwaal.
Drome gebore met elke sluk.
Kyk verby die oomblik van misluk, sweef op gedagtes van geluk.
Beker leeg, vol gemoed.
Nou kan ek die dag ook groet.
Prentjies uit my koffiebeker, ’n teken van iets beter.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.