Jongste aktiwiteit:

Die stoep

#Brons

Die Stoep

Op hiérdie stoep
strek ek vér agteroor
en rus my kop teen die verslete houtbank
met oulap se lappieskombers oor.

Hier lag ek diép uit my maag
en ek kerf heel repe dik geelvetbiltong
en ek voer die honde
wat hulle lui hier voor my vellies tuismaak.

Hier lees ek ure lank
ten einde die nasmaak van nostalgie
krummel-vir-krummel
in skywe koel melktert en lang glase gemmerbier
oor die horison verdwyn.

Op hierdie stoep
kou ek oopmond
en ek rook sterk pyptabak en luister stil
na waar die padda in die vleiland sy mater soek

en hier kan ek huil
en hier kan ek bid.
Op hierdie stoep
sal ek immer kan sit…




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed