Gelapte snare
Gelapte Snare
Bosveldson, helder maan. Vuur wat brand, ‘n kitaar bring sy harmonie saam.
Ek sing saggies saam met musiek van die goeie ou dae.
Kampvuurkoffie mag klink soos gelapte snare.
Vleisie oor die kole met iets sterker wat kan skop, is hoe die meeste dink.
Maar hier in die bos, waar die natuur nog blink, wil ek saam met jou ‘n koppie klink en net koffie drink.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.