Feetjiesirkels van die Namib (goud)
Feetjiesirkels van die Namib
wanneer ’n bleek maan
laag oor die Hartmansvallei draai
hou die wind verleë sy asem op
as feë ligvoetig kom dans
oor sand wat skyn soos sterstof
dan strooi hulle geheime
om en om in sirkels
terwyl hul tergerig trap en tol
omring deur roesrooi rotse
tussen oeroue goue sekelduine
waar selfs die jakkals gedweë swyg
as glimmerskif uit hul rokke sif
© Hester Steenkamp, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.