Stukkende voete
Stukkende Voete
Kaalvoet op eina-klippers het ek gestap.
Snye en stampe opgedoen wat geen pleister kan plak.
Voos geloop tot op Grootkop.
Hoog geklim om niks van naby te moes sien.
Dis die bult van hoop. Of dalk die plek waar hoop ophou.
Stukkende voete ken die hitte van warm sand.
Goed gebrand en steeds voortgeloop.
Die pad van klip en sand beloof nie heel voete aan die anderkant nie.
Dit gaan oor waarheen die voet jou lei, en wat jy langs die pad kon leer.
Want dit is die pad wat jou eendag huis toe neem.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.