Dof gesoende fotos
Dof Gesoende Foto’s
Soggens, saam met die son se groet, sit Tant Pikkie met haar teetjie soet, met ‘n tikseltjie melk.
Sy gesels oor land en sand, lag, vee ‘n traan af, en gesels dan voort.
Die kuier is tussen foto’s van lank gelede, gekoester in albums op die koffietafel.
Foto’s is al dof gevat, gesoen. Jy sukkel soms om nog iets te sien.
Sou jy haar vra oor daardie dae, vertel sy:
“Ja, my kinders bly net om die draai. Hulle sal weer kom en ietsie vir ons braai.”
Almal onthou nog daardie nag se groot lawaai.
Tant Pikkie was ná daardie aand nooit weer dieselfde nie.
Jare lank bly die kinders nie meer om die draai.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.