Klippe gekou
Klippe Gekou
Elke dag het iewers in my lewe ook gelag.
Daar was gevegte. Ek het baie verloor. Maar die oorlog het ek elke keer gewen.
My mure was plat geslaan.Oorgebouen weer laat gaan.
Klippe van ‘n andersoort het ek gekou. Soms fyn gebyt en die goeie behou.
Wankelpaaie het ek gestap. Drake was later al mak.
Sou onse Vader my nou verlaat, was dit die eerste keer.
Die lewe trap maar op almal se tone.
Die les daaruit is wat ek vandag nog leer.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.