Lied van die lewe
saggies suis die koue wind
golwe breek oor deinende see
witsome skuim op witsand weë
slaap maar sag en rustig kind
branders breek in slierte see
skulpdiertjies begrawe hulself
deur vinnig onder sand te delf
soutwater wat telkens lewe gee
die lewe bly ‘n wonderlike lied
kosbare proses van kom en gaan
elkeen leef omdat Sy wil geskied
© Tearlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.