Jongste aktiwiteit:

Maskien ek het verkeerd gahor

Maskien, ek het verkeerd gahor…

Sarafina, gebore en getoë doer in die bos van die Namib-vlaktes.

Vere in die hand, veg sy elke stukkie stof wat iewers skuil.

Op die plaas Kleinbegin het sy jare lank gewerk.

Daar by Tant Best met die skewe heup.

Sy was al lankal doof.

Dié se dogter kom kuier daar van Preroorskloof, met ‘n aksent wat die normale uitdraf.

Sarafina verstaan die basies van Afrikaans, maar skoene poets en tabbskoenas n rok was vir haar te veel.

“Ou mies, dardie nooi praat iets van sy skoene en lelik vloek.

Dan sy wil vanaand oumies se tert rond dra…

Hier, ek het oumies mooi gehelp, die terte by die oond of yskas.

Maar die nooi sê ek moet stryk voor sy dit kan dra…”

Aan die woord tabbert vir rok moes sy kou, en poets laat haar oë groot rek.

Maskien…

ek het verkeerd gahor.

Na ‘n lang stryd was geen tert gestryk, en die skoene blink byna nuut.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed