Jongste aktiwiteit:

My wingerdlief

Kom dans met my
waar gode nektar verbou
in soet skatte verkry
wonderskoon trou

onder soel somer lag
waar wingerdmelodie
jou voete meesleur sag
op geurige wit roos rapsodie

met smaraggroen wingerdkleed
bedek Langeberg sy voet
luister, kopkantelend gereed
na suid-ooste wind se koel-groet

stralend, lag kristalblou lug
wink trots na druppende juwele
verhef soet stemme van vrug
by snikhete-asem van engele

laat Amor ons bekoor
met haar verleidelike dansspel
vloeibaar-salig, tonge betoor
diep melodië word ryklik gestel

kom sit langs my, droomverlore
waar dag met goue kroon
maan ’n kus belowe
by skitterende ster, beeldskoon

luister na nagwind
se sagte merlot-gefluister
jou wingerdstok bemind
gloei jou vrugte vurig in duister

o, Mio dolce amor
laat my jou in wyn omtower.

© Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak