gelofte
uit vrees vir uitwissing gebore
bid sarel cilliers aan wasbankrivier
lê hul ‘n gelofte af aan die Vader
ernstig bid hulle sewe dae lank
op die vooraand van die slag
bid hulle hierdie woorde:
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om ‘n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag
soos ‘n sabbat sal deurbring,
en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
op sestien desember agtien agt en dertig
gee die vader hul vyand in hul hande soos gevra
slegs drie boere word beseer
duisende van die vyand sneuwel
twee eeue en jare daarna hou boere
hul gelofte instand…
word dit jaarliks as bid dag gehou
tot dit eensydig afwater in versoeningsdag
kan ek ‘n gelofte aan die Vader
afsweer na iets anders
sonder om myself te verloor…
©Teárlach
Tot en met die afhandeling daarvan is dit ons plig om daagliks te bid vir die volbrenging van die Gelofte, nl. die geografiese afbakening van die Teokrasie van Gelofteland. (https://www.volksvergadering.co.za)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.