Analities – Boer
jou simpatieke besorgdheid
oor ander se pyne en lyding
brawe leiding om uitdagings
storm te loop en aan te vat
vermoë om te vergewe, vergeet
sonder wrok of wraak oor onreg
definieër jou geestelike volwasenheid
aangebore in jou boere-gene
enig in jou kulturele strewe
van goeie fisiese
en geestelike
gesondheid
waardering
vir skoonheid
arbeid adel
en Christelike geloof
dit maak jou Boer
hou jou Boer
jy sal altyd
Boer wees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.