Jongste aktiwiteit:

Gert en Giel

Gert en Giel

Die tweelingbroers het groot geword in Timbatu.

Op ses het hulle hierheen getrek.

Die hane van die dorp het hulle gekraai.

Hulle het elke oggend gesorg vir groot lawaai met toktokkie speel.

Vandag, al is hulle albei horingdoof, probeer hulle steeds mekaar se kieries steel.

Nooit het hulle hul lewens met iemand anders gedeel. Hulle het altyd gesê dit raak te veel.

Sou jy die twee saam sien stap, met keps op die kop en kruisbande oor die skouers, kan jy maar weet… hier kom nog stories waaroor die dorp gaan kekkel.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed