Martie Monroe
Martie Monroe
Eintlik was sy Martina Hester Koekemoer. Hulle het gebly daar by die dam, bekend as die Damduikers.
As kind was sy alles behalwe ‘n swaan, meer geneig na ‘n gans.
Met vuiste kon sy veg en verder as al die seuns klippies spoeg.
Volgens die dorp was daar vir die witkop met sproete geen hoop vir skoonheid nie.
Later jare slaan Martie almal se asems weg. Die lelike eend is terug in die dorp.
Nog mooier as Marilyn Monroe, met rooi lippe, ‘n perdebylyfie en wye kort rompies.
In haar klerewinkel leef sy vry. Raak aan haar wit krulle en vra: “Vir wie gaan ons vandag optooi?”
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.