Jongste aktiwiteit:

Nog ñ Engel het ons verlaat

Nog ‘n Engel het ons verlaat

 

Goue stem, enig in haar soort. Kon sy almal se harte roof met mooi musiek en ‘n boodskap

om oor na te dink.

 

Elke lied, se woorde en boodskap, kon jy voel.

 

‘n Hart van goud en ‘n goeie resep om jou drome te gaan haal en waar te maak, te glo in wie jy is

en die oordeel vir God alleen te los —

dit het hierdie witkopvrou

die hele wêreld geleer.

 

Vir altyd sal jou stem bly leef. Uit jou lewenslesse

sal ons leer.

 

Jas van baie kleure

het stil-stil jou verhaal vertel.

 

Nou sing jy voor God se troon en wag vir die res van ons wat nog hier

op aarde moet woon.

 

Jy het ons geleer

daar is meer as net ‘n lewe van 9 to 5.

 

Rus sag,

liewe Dolly Parton.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed