Hy was toe ook bad news (Silwer)
Hy het my gefriend request,
my eerste liefde,
op facebook –
sy gesig na veertig jaar
‘n agteroorskopskok
van seer en dwarrels en vrae
van waar en wat, hoekom,
van onthou en wat kon wees –
ons vier dekades vloei,
versmelt so bitterseer
met my hart se steeds
bekende gloed.
Maar so ewe diskreet,
het hy aan my fondasies
stadig maar seker weer gekalwe,
my weerloosheid getroef,
totdat ek onthou hy was
vroeër reeds die soort
wat my wanpersepsies
laai om sy onthalwe
my met ‘n meesterhand
net nog meer wou speel
en my stem nou gans
verstik sou laat.
Charleine Collins © 9 Augustus 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek