Staan verstom
ek tuur die verte in
gedagtes ver heen
woorde afgesny
ek staan verstom
my hart bons
en my asem jaag
tot stilstand geruk
die mooiste melodie
bereik strelend my ore
‘n stukkie geheue omvou my
“Baby Blue” vorm die woorde
oor my lippe prewel ek saggies
beleef ek sy vingers
oor die klawerbord
sy ou trekklavier
ritmies tik sy voet
gedagtes omvou my
een aand op die grasperk
die laaste keer ooit
my “hero” pappie
saggies vloei ‘n traan
die verlange net nog eenkeer
die sagte melodie te hoor
van sy lieflings liedjie
17/8/2019
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.