Lente in my hart
Lente in my hart
Vroeg in die môre
groet ek jou.
Die laaste sterretjie
knipoog vir oulaas
saam met die oggenddou.
Gisteraand
het die maan skeef
op ‘n ander plek
gaan hang,
wetend:
môre-oggend
bring die son
lentedag saam.
Liewe Heer,
mag daar vandag
lente-bloeisels
aan die harte
van mense
kom hang
en vrugte dra
van mooi.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.