Jongste aktiwiteit:

Gesalfde Liefde

Gesalfde Liefde

Die dag as ‘n wens jou hart oorrompel
jou hunkersnare in salwingsolie dompel
wanneer vier oë lugkastele bou
kontinente nie wat bedoel is
uitmekaar kan hou
waar die Heilige Gees gevoelvol aanraak
terwyl wanhoop middeldeur in flarde kraak
wanneer Sy visioenskynsel weerkaats
die skaduwees van twee pasmaats
waar drome ontnugter uit sluimergeslaap
die gevoel van hoort jou vanuit jou alleenheid opraap
jou delikate self neerlê tussen velde van hoop
en sagvoetig begin jy in geloof te loop
waar winde deur jou hare dans
na die openbaring van ‘n gebedsaak kans
soos son buig in skakerings van oranjerooi
val horisonmooi
oor jou wange in ‘n volmaakte glimlag
die dag as liefde ooparmsgetrou jou inwag

dan weet jy…
hoopvolle geloof het jou na iets blywend gelei

©️Wendy Leigh




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed