Taalskatte
Taalskatte
In lewensjare se loopverby
woordbeelde behoue gebly
soos ‘n pen smeek om uiting gevra
soos in kosbare koeverte veilig gedra
val sinsnede oor ‘n uitbloei vallei
boodskappe van geloof loer oor blouberge se rand
tevrede val dit vir oulaas in ‘n kreukelhand
opgaarstukke tot by die hemelhek
binnekant van ‘n hart menigvuldig uitgelek
mag elke digtersskrif ‘n nageslag tot skrywe lei
dieselfde passie jou ook beetkry
met bloed en sweet getap
deur ‘n Afrikaanse pelgrimspad gestap
mag woorde uit die binnewand van ‘n skrywershart
jou na ‘n wondertaal se skatte vat
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.