‘n Hemel Les
‘n Hemel Les
Mandjies hoopvol uitgehou
sielwankel-soekende-spys vir staande hou
Godgegewe hand getrou
om oor Sy kudde waak te hou
diepdelf in die ware bron
Hy heet die Seun vir redding gekom
twee visse beveel om meer te wees
dualisme tussen die mens se vlees en gees
meelgebak krummel vermeer
voedsel wat ‘n geheimenis sou leer
duisendtal
gevoed met vis en brood
soos manna uit die hemel neergeval
nie net deur brood alleenlik
maar elke liewe woord wat oor SY lippe val
uit Sy hart eggo die boodskap aan legio
mag jou twee altyddeur vermeer
mag jou vyf altyd ander leer
dat broederlike omgee
Jesus spore vooruit lê
die skrifte dit deur ‘n nederige seuntjie
vir ons kom sê
sodat liefde….
volle mag oor die vyand kon hê
©️Wendy Leigh
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek