lente fees
kinderpret
ontaard in geweld
verdraaide valse waardes
ingegroef deur vals media naratief
verwater eens geankerde morele waardes
na onnadenkende jeugmisdadige “pret”
dit alles loop uit op moordadigheid
grippe, grappe, gross’e
lei tot lewensverlies
dan wil ouers
dit regverdig
terwyl
hul
self fouteer
self geen
rekenskap
wil
erken
net nog
een laer vlak
van hedendaagse
barbarisme
bereik
© Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Leon
Verby Staan op my liefling. My mooiste kom tog hier. Die winter is verby. Die veld blom geil, helder geel, oranje, rooi. Dis tyd om saam te sing, ‘n loflied, vir ‘n weer begin. Voëls kondig vrolik aan daar is weer ‘n nuwe kans om foute reg te maak. Gister se winterkou agter te laat en toe te vou in wat was en vergete is. Staan op my liefling Die winter is regtig verby! Leon Forsman©️