Jongste aktiwiteit:

Die stem in sy are (249 woorde)

Die stem in sy are

Stilte.

Die horlosie tik die minute verby.

Francois leun vorentoe en wys rofweg na die oop tas. Bo-op lê ‘n ou, uitgewaste rugbytrui… te groot vir sy skouers.

“Daardie trui,” prewel hy met ’n bitter lag, “het my geflous deur te glo in ‘n droom dat ek eendag vir die Bokke sou speel. Ek het elke oomblik gehaat maar alles was ter wille van hom.”

Sy lippe beweeg, maar daar kom geen woorde meer uit nie. Sy oё dwaal weer na die tas waar die hout raam van ‘n ou gesinsfoto uitsteek.

“Hý is die seun wat ék grootgemaak het. Hy neem daardie herinneringe saam!” eggo sy pa se woorde al dwalend in sy kop.

Francois se stem is nou sag, maar sy kake is styf. “My Pa… Ek soek net mý pa.”

Sy oё brand, maar hy weier om te huil.

“Herinneringe aan ‘n leuen!” skree hy met ‘n gebalde vuis. Hy sluk aan die knop in sy keel.

Sy ma se woorde bring ‘n tipe kalmte wat net hy verstaan: “Ek het jou elke dag liefgehad. Dit moet jy weet.” Hy weet dat liefde was nooit die probleem nie. Die feit dat hy vir agtien jaar rondloop met ‘n ander man se bloed wat deur sy are vloei – dit is die probleem.

Sy tas is nou sy oorlewingsgids en die inhoud is sy enigste bewys dat hy ooit bestaan het.

Hy sug: “Pa, ek haat jou nie. Ek haat net die leuen.”

Die horlosie tik-tak sonder medelye.

© Pierce van Tonder




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed