grou gisters – Goud
grou gisters
die opdrifsels van grou gisters
bly haak aan my herinnering-oewers
onaanskoulik
wanordelik
uitgespuug om te verdor
en vergeet te word
dog versamel dit oor die jare
en word ondeurdringbare mure
waar nuwe seer- en swaarkry
skuiling vind
in stil ure
afgesonder
van die hoofstroom
van daaglikse roetine
en voorgee
en wees
waar ek dit kan los
vir ‘n oomblik
of ‘n leeftyd
©️Retha van Deventer, September 2026.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.