Vreemdeling
Vreemdeling…
Ons het saam op tone gestaan, om by te kom dit wat ma hoog laat staan.
Ons het saam ons eerste fiets gery, hard geval en seer gekry. Die rowe het ons nog saam afgetrek.
Die byekorwe met ketties geskiet tot hulle ons steek en pa ons boude laat brand.
Ons het wegkruipertjie gespeel, ek het getel en hy kruip weg … steeds tot vandag.
Jy het my in die kamer gelos en nooit weer teruggekom. Toe ek vra, het jy gebrom oor grootgeword.
Ek was nog elke keer weer daar, die kind in jou. Jou laat lag en jou laat huil, jou gewys jy is nog mens daar waar niemand anders dit mag sien nie.
Vir jou is ek ’n vreemdeling, tog is ek steeds elke dag saam met jou soos jou skaduwee.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.