Progressie (Opdrag 8)
Tyd Triolet
Die Tyd Triolet bestaan uit 3 strofes waar elke strofe 5 of minder versreëls bevat:
Strofe 1 moet in die verlede tyd geskryf word
Strofe 2 moet in die teenwoordige tyd geskryf word
Strofe 3 moet in die toekomende tyd geskryf word
Die strofes hoef nie noodwendig in die bogenoemde tye geskryf te word nie, maar daar moet ñ duidelike boodskap oorgedra word van ‘n gebeurtenis of gevoel wat verander of gegroei het.
(Hoe iets was, is en kan/sal/gaan wees). Die gedig moet ook maklik gelees kan word van begin tot einde.
Alliterasie moet minstens een keer in al drie strofes voorkom.
ek onthou vir Julie
waar ek berusting kon vind in jou oë,
waar jou hartklop my toevlug was
en ek kon dronk word op die soene
wat soos winterweerlig deur my are skiet
nou lewe ek vir September
waar die dae soos bloeisels
met die oggendson vrede vind
tussen die soet geure van liefde
en raak ek kinderlik opgewonde oor die dae
waar ek jou verewig en veraltyd sal liefhê
tot die hemel in spieëlskerwe spat
en ons as eenheid openbaar
© Ryno Rossouw
6 Kommentare
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Loretta Szikra
Werklik n pragtige liefdesvers Ryno. Ek hou veral van jou slotreël... tot die hemel in spieëlskerwe spat en ons as eenheid openbaar.
-
Callie Vermeulen
Pragtige skepping Ryno. Puik ene om mee te eindig. Welgedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Prag skepping Ryno.