Jongste aktiwiteit:

Kersfees onthoutjies (Opdrag 8)

Die Kersboom effek

1. Die digvorm neem ‘n Akrostigon vorm aan maar instede van ‘n naam, moet dit die tema/titel van jou gedig aanwys.
2. Die uitleg van jou gedig kan ook die vorm aanneem van ‘n voorwerp van jou gedig, in hierdie geval ‘n kersboom.
3. Elke vierde versreël moet uit ‘n enkele woord bestaan wat ook dien as ‘n kort samevatting van jou gedig.
4. Die gedig moet nie meer as 20 versreëls bevat nie.
5. Die volgende elemente van digkuns moet toegepas word nl: Alliterasie, assonasie, litotes, repetisie en binnerym. Enige digkuns kan bygevoeg word om die gedig uniek te maak.

Kersfees onthoutjies (Opdrag 8)

Kersfees
en goeie onthou’s
raak rakelings aan rooi
soet
fraai laggies wat klank met
eggo’s van plesier wat tooi
en
sowaar trots en breë bors blom
onderdeur vervloë en vergete
naskrifte
toe kersfees kersfees was met lag en
houers vol goed sonder seer verweer
onder
uitgewaste toe’s en nou’s en gister se wou’s
toe geskenke heimnisvol en liefdevol
jou
innig voel kon laat blom
en woorde kon afdruk op jou
selfbeeld

©Cornien Naudé
30/08/2018




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed