Jongste aktiwiteit:

Liewe ma

Liewe ma

 

Vandag kyk ek om my rond. Ek sien die lewe en selfs die dood.

 

Elke dag stuur ons ’n boodskap kort, ’n prentjie hier en daar en sommer net ’n lawwe gesels.

 

Was ons maar net om die draai om ’n koffie saam te drink, kop te krap en oor môre saam te dink.

 

Tans lewe ons elkeen in ’n kluis. Dit gaan goed hier by die huis.

 

Liewe ma, ek raak bang. Soveel kinders groet hul ouers, ek staan tans nog in die ry. Elke dag sê ek dankie, Here, ons tyd saam is nog nie verby.

 

Voor ons dit vir mekaar moet sê langs ’n graf, waar woorde dan reeds doof sal wees, wil ek net gou stop en weer uit my hart vir mamma sê:

 

Ek is baie, baie lief vir ma.

 

Opgedra aan my ma

Anetté Kotze




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed