Jongste aktiwiteit:

Skatkamers van my hart

SKATKAMER VAN MY HART

in die voorportaal van my hart
hang beelde afwagtend op vergaan
sommiges slegs vervorm
ander in verlate gange
waar liefde nooit vertoef
soos ‘n lelie getooi in varskelk
loop jou voetstappe sag
na ‘n plek waar die maan sweet
en jou lippe myne evalueer
tussen mistige soet samesyn
dans ek in liefde met jou
vermom agter vurige emosie
my mond smeulend sag
oor die dou van jou lyf
gee ek my wese oor
aan die grafiek van jou kurwes
in passie en woordspeel
waar net ek en jy bestaan
in die skatkamer van my hart
@Anton Kilian




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed