Troostend
TROOSTEND
kom na my as dit donker is
nestel jou kop teen my skouer
jou kurwes eggo die skynsel van die maan
laat jou hart in my voetpad stap
ek jou wese met liefde bederf
jou liggaam in warmte vloeibaar maak
laat jou mond my gesig betas
elke soen ‘n kleurvolle illusie
elke welwing ‘n borrelende fontein
wat intimiteit gretig bestyg
wyl vlees en bloed in oorgawe,
hitte in passie vervorm
bewende liggame wat in ritme
mekaar in geheim proe
gevoelens fluisterend uiter
as begeertes in oë weerkaats
sit jou hande klouend in myne
wyl ons troostend in liefde verkeer
@Anton Kilian
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zymrly
Keurig geskryf.