Jongste aktiwiteit:

Onverstaanbare Genade

Onder die pynboom se skadu’s
wat swaar dra aan sy kroos
verdroog en oopgebars,
die sepiabruin dennebol,
.
waak ek in die vodde van my siel,
in windverwaaide bejammering.
verrimpeld, verrot
deur selfveragte smart
.
Welke die wete,
wit gewas.
rein verklaar.
Vrygekoop! In Kosbaar Bloed.

.
Met geen selfverdienste
vir n vuilbevlekte sondaar,
net genade onverstaanbaar.
wat Sy liefde nie verdien nie.

PAULA PAXTON©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak