Die Nag, die Sterre en die lug
niemand mag slaap nie.
selfs jy, o prinses daarbo
in jou eensame koue, vertrek
kyk op na die sidderende sterre
van pure liefde en van hoop…
terwyl my diepste geheim verborge bly
dit leef net in my
niemand sal ooit my naam hoor nie.
nee… uit jou mond sal ek dit bely
sodra die eerste lig deur breek
en daardie enkele soen
die aaklige stilte verbreek
wat jou uiteindelik
vir ewig myne maak
(Koor van stemme van die burgers, gedemp en vreesbevange in die agtergrond):
sy naam sal niemand ooit weet nie
en ons sal, helaas, die prys betaal…
verdwyn nou, die nag
gaan onder, bleek sterre
laat die duisternis wyk
want teen dagbreek sal ek oorwin
ek sal wen!
ek sal triomfeer!
© Tearlach.
(’n Vrye vertaling van die baie bekende aria uit die laaste bedryf van Giacomo Puccini se opera Turandot, Nessum Dorma. In die opera word hierdie opdrag gegee omdat die prinses, Turandot, beveel het dat niemand in die stad mag slaap totdat hulle die naam van die geheimsinnige vreemdeling (Prins Calaf) uitgevind het nie.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.