Totsiens twyfel
Totsiens twyfel …
Jy het kom klop net vir ’n glasie water en toe gebly tot heelwat later …
Dit raak laat, ek bied toe vir jou uit goedheid ’n kamer.
Jy het besluit om vir lank te kom bly; vrede het swaar daaronder gely.
Toe ek weer sien, was die hele huis net joune.
Swaar gordyne het jy opgehang; die son is uitgeblok hier in die gang.
Jou familie, vrees en seer het ook saam met jou kom intrek maak.
Tot hier, my liewe vriend, en niks meer verder …
Pak jou goed en trap; vir jou beheer is ons nou sat.
Hierdie huis behoort aan geloof, hoop en liefde.
Goedheid en guns bewaar my huis; hier is jy van vandag af nie meer tuis.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.