Jongste aktiwiteit:

Hier alleen

Hier alleen©

My drome gedagtes het my ingehaal,
sosiaal het ek heeltemal afgedwaal.
Ek met my kitaar, maar niks om te sing,
hier op ‘n bushalte, deur nêrens omring.
In die geraas van ander het ek gedroom,
soms in ‘n klas of onder ‘n groot boom,
maar nou is dit net ek en my kitaar,
ek hier en die rasende agtergrond daar.
Ek het op my droomwêreld weggedryf
sonder posseëls sodat ek brief kan skryf.
Ek sit in stilte nou hier en droom oor daar,
waar ek ontwetend deel was van “‘n mekaar”.
Hier is ek soos daar ook alleen,
maar self verwerp en net een.
Daar was ek die stil een in die geruis,
maar in die malle geroesmoes, tuis.
Swerwerskruik, ‘n pot vol gedigte©
Jaco Engelbrecht, 2026



Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed