Kon hy maar net harte lap
Kon hy maar net harte lap …
Hy is stil voor sy masjien … korrel die gare deur die oog van ’n naald. Sy snor is opgewen.
Oor sy bril se rand doen hy sy bes om klere weer te lap.
Hy werk vir dié wie se geld opraak, lap ou klere met nuwe draad.
Die man kyk uit by sy venster oor die klipgeboude stad, skud sy kop en sê:
Ek sien alles, maar niemand sien my nie; hoor alles, maar vir hulle is ek doof.
Waar loop geloof deesdae rond? Moeilik is al wat besig bly op hierdie stukkie grond …
Sou ek maar net harte kon lap soos ou klere, was almal seker op ’n beter plek.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.