Jongste aktiwiteit:

Pienkgeskal

Pienkgeskal

Hoe lank het die donker
aan jou pienk geskaaf?

Nou staan jy daar;
kaal van stam,
met die aarde nog
nat aan jou voete.

Jou trompette vou oop
soos koninklike bevele
uit die grond se diep keel:

 blom.

Tros ná tros
baar jy fluweel.

Groot en oop
dra jy jou pienk kroon
tot teenaan die son.

©MarleneErasmus

31/10/2026

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed