Dankbare pynstilstand (Brons)
Deur die pynstilstand van elke lang dag
Asem ek nog en kry ek nuwe krag
Na ‘n toekoms wat verdwyn het en ‘n lyf wat breek
Ken ek steeds die liefde van mense wat in dade spreek
Bly my gees ongebroke al moet ek nou rus
Al is my toekoms onseker en my planne geblus
Alles wat saak maak, het die frats gespaar
Ryk aan hartklop en omgee bly ek altyd dankbaar.
—oooOooo—
© Ilana Oosthuizen, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.