Jongste aktiwiteit:

Scientia potentia est

 

 

soms staan jy voor ‘n muur wat ontoeganklik lyk
dan wonder jy hoe jy ooit daaroor sal kom;
die wêreld voel te groot, die pad te krom
en nêrens waar daar rigtingwysers pryk

 

maak jy egter ‘n boek of skerm soekend oop
soekend na antwoorde wat jou vrees verdryf;
dan kom sit elke feit mos in jou geheue styf
en verander wanhoop skielik weer in hoop

 

geen spierkrag kan ‘n toe deur oopforseer
indien jy nie weet watter sleutel pas nie –
slegs kennis kan jou vrymaak om te leef

 

hou dan maar aan om elke dag te leer
dan kan niemand jou in ‘n kas van onkunde hou nie:
wat jy leer en verstaan, is wat jou vlerke gee

 

© Tearlach.

(Die Latynse spreuk is Scientia potentia est en dit beteken “Kennis is mag”)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed